Aardedag

Globale selfie – Aardedag, 22 April 2014.

Aardedag is 'n jaarlikse gebeurtenis wat gevier word op 22 April. Op hierdie dag word daar wêreldwyd geleenthede aangebied om ondersteuning vir die beskerming van die omgewing te werf. Dit was die eerste keer in 1970 gevier en word nou gekoördineer deur die Earth Day Network[1] en word elke jaar in meer as 193 lande gevier.[2]

Vir Aardedag 2016 is die belangrike Parys-ooreenkoms geskeduleer om onderteken te word deur die Verenigde State van Amerika, Sjina asook 120 ander lande.[3][4] Hierdie ondertekening voldoen aan 'n belangrike vereiste vir die inwerkingtreding van die historiese konsep klimaatverdrag wat deur konsensus aanvaar is deur die 195 nasies wat teenwoordig was by die 2015 Verenigde Nasies Klimaatsveranderingkonferensie in Parys.

In 1969 tydens 'n UNESCO Konferensie in San Francisco, het vredesaktivis John McConnell voorgestel dat 'n dag tot eer van die Aarde en die konsep van vrede gehou moes word; wat gevier sou word op die eerste dag van die lente in die noordelike halfrond, 21 Maart 1970. Hierdie dag van die natuur se ewewig is later goedgekeur in 'n proklamasie geskryf deur McConnell en onderteken deur die Sekretaris-Generaal, U Thant, by die Verenigde Nasies. 'n Maand later is 'n aparte Aardedag gestig deur die Verenigde State Senator Gaylord Nelson as 'n omgewingstudie wat vir die eerste keer gehou is op 22 April 1970. Nelson het later die Presidential Medal of Freedom ontvang as erkenning vir sy werk.[5] Terwyl hierdie Aardedag gefokus was op die Verenigde State van Amerika,  is daar ook 'n organisasie gestig deur Denis Hayes, wat die oorspronklike nasionale koördineerder in 1970 was, wat die dag internasionaal gemaak het in 1990 en georganiseerde byeenkomste in 141 nasies aangebied het.[6][7] Talle gemeenskappe vier Aardeweek wanneer al die aktiwiteite gefokus is op die omgewingskwessies wat die wêreld in die gesig staar.

  1. Earth Day Network. Earthday.net. URL besoek op 22 April 2011.
  2. Earth Day International. URL besoek op 15 April 2013.
  3. "Here's Why the U.S. and China Are Signing the Historic Paris Agreement on Earth Day". whitehouse.gov (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2017.
  4. Paris Climate Treaty: 'Significant step' as US and China agree to sign.
  5. Earth Day | Care2 Healthy Living. Care2.com. URL besoek op 24 April 2013.
  6. "Staff — The Builtt Foundation" (in Engels). Bullitt.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2014. Besoek op 22 April 2011.
  7. The Rumpus Interview With Earth Day Organizer Denis Hayes. The Rumpus.net. URL besoek op 22 April 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy