Abodrite

Die stamgebied van die Abodrite in die Billungiese Mark

Die Abodrite (dikwels ook Abotrite, Obotrite, Obodrite, Bodrisiër) was 'n Middeleeuse Elbslawiese stamgroep ('n ondergroep van die Wes-Slawe) wat die gebied van die huidige Mecklenburg en Holstein in Noord- en Noordoos-Duitsland bewoon het. Die naam beteken "nakomelinge van Obodr, die baie waaksame".

Liubice (tans Lübeck), 'n ou nedersetting rondom 'n kasteel by die monding van die Schwartau- in die Trave-rivier, het tydelik as regeringsetel van Abodrite-heersers uit die Nakonide-dinastie gedien.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy