Abzu

Hierdie bladsy bevat wigskrif. Sonder die regte lettertipe sal jy blokkies of snaakse tekens sien. Jy kan die regte lettertipe hier kry.

Die abzu of engur (wigskrif: 𒍪 𒀊, ZU.AB; Sumeries: abzu; Akkadies: , apsû) was in die Mesopotamiese mitologie die naam van die oersee onder die onderwêreld en die aarde. Dit kon ook verwys het na die ondergrondse varswater; daar is geglo mere, fonteine, riviere en ander varswaterbronne kry hul water van die abzu.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy