Ahmedabad

Ahmedabad

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Indië Indië
 Deelstaat Gujarat
 Koördinate 22°59′N 72°36′O / 22.983°N 72.600°O / 22.983; 72.600
 Stigting 11de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 464,165 vk km
 Hoogte bo seevlak 53 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 5 577 967
 - Bevolkingsdigtheid 12 000/vk km
 - Metropolitaanse gebied 6 357 693
 Tydsone UTC+05:30
 Burgemeester Gautam Shah (BJP)
 Amptelike Webwerf ahmedabadcity.gov.in

Ahmedabad (Gujarati: અમદાવાદ [ˈəmd̪ɑːʋɑːd̪], letterlik: "stad van Ahmed") is die grootste stad en voormalige hoofstad van die Indiese deelstaat Gujarat. Die stad is aan die oewer van die Sabarmatirivier in die weste van die land geleë.

Ahmedabad gedurende die 19de eeu

Ahmedabad het in 2011 'n bevolking van 5 577 967 en 6 357 693 in die metropolitaanse gebied gehad. Die stad het 'n totale oppervlakte van 464,165 km² en is die vyfde grootste stad en sewende grootste metropolitaanse gebied van Indië. Dit is ook die ekonomiese sentrum van die Indiese deelstaat Gujarat.

Ahmedabad is veral bekend vir sy historiese stadsentrum wat in 2017 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy