Airbnb

Airbnb, Inc. se kenteken.

Airbnb, Inc. (/ˌɛərˌbiːɛnˈbiː/ AIR-BEE-en-BEE) is 'n Amerikaanse maatskappy wat 'n aanlyn markplek vir kort- en langtermyn-huisverblyf en ervarings bedryf. Die maatskappy tree op as 'n makelaar en hef 'n kommissie van elke bespreking. Die maatskappy is in 2008 gestig deur Brian Chesky, Nathan Blecharczyk en Joe Gebbia. Airbnb is 'n verkorte weergawe van sy oorspronklike naam, AirBedandBreakfast.com. Airbnb is die bekendste maatskappy vir korttermynbehuisingverhuring.[1][2]

  1. Cadwalladr, Carole (16 September 2013). "Airbnb: the travel revolution in our spare rooms". The Observer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2023. Besoek op 11 Mei 2023 – via The Guardian.
  2. Thompson, Ben (1 Julie 2015). "Airbnb and the Internet Revolution". Stratechery. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2023. Besoek op 11 Mei 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy