Aldose

'n Aldose is 'n monosakkaried ('n eenvoudige suiker) waar die koolstofketting 'n karbonielgroep op die eerste koolstofatoom het, en dus 'n aldehied is. Hidroksielgroepe is soos by alle koolhidrate gekoppel aan al die ander koolstofatome. Aldoses kan onderskei word van ketoses, waar die karbonielgroep weg van die punt van die molekule is, en wat dus ketone is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy