Alliterasie

Alliterasie, ook letterrym of stafrym genoem, verwys na die beginklanke van twee of meer beklemtoonde lettergrepe in 'n uitdrukking of vers wat dieselfde klink. Alliterasie word dikwels deur digters gebruik om woorde te laat rym.

Alliterasie word soms verkeerdelik beginrym genoem, 'n term wat nie 'n vaste omskrywing in die literatuurwetenskap het nie, maar eerder na voorrym of na die stylfiguur anafoor verwys.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy