Amasia

Amasia volgens die Promptuarii Iconum Insigniorum.

Amasia was die negende koning van die koninkryk van Juda en het 29 jaar regeer. Hy was uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Joas. Volgens die Bybel was hy aanvanklik ’n goeie koning, maar het dwaas teenoor die profete opgetree, waarna die Here sy rug op hom gedraai het. Hy is opgevolg deur sy seun Ussia.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy