Amitabha

Amitabha
’n Standbeeld van Amitabha in bladgoud met kristaloë (Tokio Nasionale Museum, Japan).
’n Standbeeld van Amitabha in bladgoud met kristaloë (Tokio Nasionale Museum, Japan).
Vertalings
Sanskrit अमिताभ Amitabha,
अमितायूस् Amitayus
Bengaals অমিতাভ (Amitābho)
Tibettaans འོད་དཔག་མེད་
od dpag med
Viëtnamees A-di-đà Phật
Tradisionele Sjinees 阿彌陀佛
Vereenvoudigde Sjinees 阿弥陀佛
Pinyin Ēmítuófó
Japannees 阿弥陀仏 (Amida Butsu)
Koreaans 아미타불 (A-mi-ta Bul)

Amitabha, ook Amida of Amitayus, is ’n hemelse boeddha wat in die geskrifte van die Mahayana-Boeddhisme beskryf word. Amitabha is die hoofboeddha in Suiwer Land-Boeddhisme, ’n tak van die Oos-Asiatiese Boeddhisme, terwyl hy in Vajrayana bekend is vir sy langlewendheid, magnetiserende vuurelement, die basiese aspek van insig, suiwer waarneming en goeie begrip van die leegheid van verskynsels.

Volgens dié geskrifte besit Amitabha oneindige deugde danksy goeie dade oor tallose vorige lewens as ’n bodhisattva met die naam Dharmakara. "Amitabha" kan ook vertaal word as "Oneindige Lig" en daarom word hy ook "die Boeddha van Onmeetbare Lewe en Lig" genoem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy