Antipsigotikum

'n Antipsigotikum is 'n geneesmiddel wat gebruik word om psigoses te behandel, met ander woorde onder meer by siektetoestande soos skisofrenie, die maniese fase van bipolêre gemoedsversteuring en delusionele versteuring. Antipsigotika het ook 'n rol te speel as gemoedstabiliseerders, en word dus gebruik by sekere depressies en bipolêre gemoedsversteuring, selfs as daar nie psigotiese simptome is nie. Sekere antipsigotika, soos haloperidol word ook gebruik om Tourette se sindroom te behandel.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy