Appalachiese-staproete

Die Appalachiese-staproete oor die Franconia-bergrug in New Hampshire

Die Appalachiese-staproete (In Engels die Appalachian Trail of voluit die Appalachian National Scenic Trail) is 'n skilderagtige 3500 km (2175 myl) lange gemarkeerde langafstand-staproete wat deur die Appalachiese Gebergte loop en 'n geleentheid bied om van die mees asemrowende natuurskoon in die ooste van die Verenigde State te ervaar. Dit strek van Springer Mountain in Georgia tot Mount Katahdin in Maine. Dit loop deur die deelstate Georgia, Noord-Carolina, Tennessee, Virginië, Wes-Virginië, Maryland, Pennsilvanië, New Jersey, New York, Connecticut, Massachusetts, Vermont, New Hampshire en Maine. Die roete word onderhou deur die "Appalachian Trail Conservancy", 'n oorkoepelende organisasie van staproete- en natuurverenigings.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy