Appel

Hierdie artikel handel oor die vrug. Vir die Afrikaanse sanger, sien Appel (sanger).

Appel
'n Tipiese appel
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Maleae
Genus:
Spesie:
M. domestica
Binomiale naam
Malus domestica
Borkh., 1803
Sinonieme

Malus communis
Malus pumila

'n Golden Delicious appel.

'n Appel is die eetbare, vlesige vrug van die appelboom, die spesies Malus domestica in die roosfamilie Rosaceae. Die oorsprong van appels is uit die wilde spesie Malus sieversii in Sentraal-Asië, waar voorbeelde tot vandag toe nog gevind kan word. Van hierdie streke het die appelboom voor die Ystydperk na Europa versprei, en daarna na die Nuwe Wêreld. In Suid-Afrika is die appel 'n gewilde vrug om vars te eet, maar klein hoeveelhede word ook verwerk tot appelsap en appelpuree of word gedroog. Appels word ook gebruik om appelwyn, wat sider genoem word, te maak. Hiervoor word 'n spesiale soort appel, die siderappel, gekweek. Die gewone appel (Malus sylvestris) is ook familie van die Siberiese “crab"- appel (Malus baccata) en die Japanse blomappel (Malus pulcherima), wat as sierbome struike in tuine aangeplant word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy