Archosauria

Archosauria
Tydperk:
Vroeë TriasHoloseen
248–0 m. jaar gelede[1]
’n Chinese alligator (Alligator sinensis).
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Reptilia
Klade: Eucrocopoda
Klade: Archosauria
Cope, 1869
Subgroepe
Archosauria van onsekere affiniteit
Sinonieme
  • Arctopoda Haeckel, 1895
  • Avesuchia Benton, 1999

Archosauria is ’n groep Diapsida-amniote waarvan die lewende lede bestaan uit voëls en krokodilagtiges. Dit sluit ook in alle uitgestorwe dinosourusse, krokodilagtiges en pterosourusse. Die klade is ’n kroongroep wat die laaste gemeenskaplike voorsaat van lewende voëls en krokodille insluit. Dit sluit twee klades in: Crurotarsi (alle krokodille en hul uitgestorwe verwante) en Avemetatarsalia (voëls en hul uitgestorwe verwante soos nie-vlieënde dinosourusse).[1]


Diapsida het twee "gate" (fenestrae) agter die oog
Archosauria het twee gate meer (in blou)

Die Archosauria (die "heersende reptiele") is 'n groot groep diapsiede, wat onder andere kenmerke, van die ander diapsiede onderskei word deur die teenwoordigheid van enkele openinge aan elke kant van die skedel. Voor die oë het hulle antorbitale fenestrae. Dit sit die tetrapod-tendens voort van die vermindering van skedelbene deur die samesmelting van veelvuldige bene en die opening van fenestrae in die skedel. Dit help om die skedel ligter te maak, bied meer ruimte vir spiere en ander weefsels, en laat meer skedelbuigsaamheid (kinesis) toe wanneer hulle eet. [2]

Ander tipiese archosauriese kenmerke sluit in 'n ander opening in die onderkaak (die mandibulêre fenestra), 'n hoë smal skedel met 'n puntige snoet, tande wat in voetstukke vasgesit is (genoem die codont-tand-inplanting), en 'n gemodifiseerde enkelgewrig. Die voorvaderlike archosourusse het waarskynlik sowat 250 miljoen jaar of wat gelede ontstaan, in die laat Perm-tydperk. Hulle afstammelinge (soos die dinosourusse) het die gewerwelde diere vir 'n meerderheid van die Mesosoïese Era oorheers. Vandag bestaan daar net nog die voëls en krokodille wat hulle afstammelinge is. Die res het in die Kryt-Paleogeen-uitwissing uitgesterf.[2]

Die argosourusse, die sogenaamde "Regerende Reptiele" van die Mesosoïkum, is 'n monofiletiese groep wat vandag dus slegs deur krokodiliërs en voëls verteenwoordig word, basies wat oorbly van die klades Crurotarsi en Avemetatarsalia. Skilpaaie word nou, gebaseer op molekulêre studies, beskou as die sustertakson van Crurotarsi + Avemetatarsalia, en hul "anapsiede" skedeltoestand is dus afgelei van 'n diapsiede skedeltoestand. Alhoewel skilpaaie binne Diapsida val, word hulle nie by die Archosauria gereken nie omdat hul posisie met betrekking tot uitgestorwe archosaurs nie bepaal kan word nie.

  1. 1,0 1,1 Richard J. Butler; Stephen L. Brusatte; Mike Reich; Sterling J. Nesbitt; Rainer R. Schoch; Jahn J. Hornung (2011). "The sail-backed reptile Ctenosauriscus from the latest Early Triassic of Germany and the timing and biogeography of the early archosaur radiation". PLOS ONE. 6 (10): e25693. Bibcode:2011PLoSO...625693B. doi:10.1371/journal.pone.0025693. PMC 3194824. PMID 22022431.
  2. 2,0 2,1 "Archosauria". ucmp Berkeley.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy