Aristofanes

Aristofanes
Denkbeeldige portret van Aristofanes
Geboreca. 457 v.C.
Sterfca. 385 v.C.
NasionaliteitAntieke Griekeland
BeroepDramaturg (komedie)
Bekend virDramaturg en regisseur van Ou Komedie
Borsbeeld van Aristofanes

Aristofanes of Aristofanus[1] (Grieks: Ἀριστοφάνης, [aristopʰánɛːs]; 457–385 v.C.) was 'n Antieke Griekse dramaturg wat komiese toneelstukke geskryf het en as die voorste skrywer van Griekse komedies beskou word.[2] Hy het 40 toneelstukke geskryf, waarvan slegs 11 in hul geheel oorleef het. Ten minste twee hiervan, Die paddas en Lusistrata, is in Afrikaans vertaal. Sy satiriese stukke is teen die beroemdes van sy dag gemik en beskryf die swakhede van gewone mense.

Antieke Griekse teater is aanvanklik in kompetisies-formaat op die Dionisiese fees ter ere van die god Dionysos aangebied. Dit is interessant dat Aristofanes nie altyd hierdie kompetisies gewen het nie, maar omdat die toneelstukke verlore geraak het, kan dit nie vandag met mekaar vergelyk word nie.

Van die elf blyspele wat behoue gebly het is die eerste, Die Acharniërs, in 425 v.C. aangebied, en die laaste, Rykdom, in die jaar 388 v.C. ná die val van Athene, in die tyd van die Spartaanse besetting. Sy werk strek dus deur die tydperk van die Peloponnesiese oorlog, deur die laaste jare van die glorieryke imperiale stad tot aan die finale nederlaag, en gee 'n duidelike beeld van die faktore wat tot die vernietiging van Athene bygedra het.[3]

Sy bekendste stuk, Lusistrata, handel oor 'n groep vroue wat teen oorlog protesteer. Hulle besluit om omgang met hulle mans te weier tot die oorlog verby is.


  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named boshoff
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named HAT Taal-en-feitegids
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named mccaul-domisse

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy