Asteria

Asteria en Foibe op die Pergamon-altaar.

Asteria was in die Griekse mitologie uit die tweede geslag Titane. Sy was die godin van voorspellings, profetiese drome en astrologie.

Asteria was volgens Hesiodus die dogter van die Titane Koios en Foibe en die suster van Leto.[1] Volgens hom het sy ’n dogter, Hekate, by Perses gehad. Asteria het in die Egeïese See gespring in die vorm van ’n kwartel om te ontsnap van Zeus se romantiese attensies. Sy het toe in die eiland Asteria verander.

  1. Hesiodus, Theogonie, 404ff.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy