Atorvastatien

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Voorbeelde van Atorvastatien-verpakking

Atorvastatien, bemark onder die handelsname Lipitor, Aspavor, Lipogen onder andere, is 'n lid van die medikasieklas bekend as statiene, wat hoofsaaklik gebruik word as 'n lipied-verlagingsmiddel en vir die voorkoming van gebeure wat verband hou met kardiovaskulêre siekte. Soos alle statiene, werk atorvastatien deur die inhibering van HMG-CoA reduktase, 'n ensiem gevind in die lewer weefsel wat 'n belangrike rol speel in die produksie van cholesterol in die liggaam.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy