Attaliede

Die Attaliede of Attalidiese dinastie (Grieks: Δυναστεία των Ατταλιδών, Dynasteía ton Attalidón) was ’n Hellenistiese dinastie wat ná die dood van Lusimachos, ’n generaal van Alexander die Grote, oor die stad Pergamum in Klein-Asië regeer het.

Die koninkryk was ’n oorblyfsel van Lusimachos se ryk ná dié se val. Een van Lusimachos se luitenante, Filetairos, het in 282 v.C. beheer oor die stad oorgeneem. Die latere Attaliede was afstammelinge van sy pa, Attalos, en het die stad tot ’n koninkryk uitgebrei.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy