Baguette

Franse stokbrood ("baguette")

Baguette (Frans: pain de baguette of kort baguette, "stok") is die mees bekende soort van Franse witbrood, wat vanweë sy lang, dun vorm in Afrikaans ook Franse stokbrood genoem word. Tipiese kenmerke van hierdie sagte witbrood is sy bruin kors en die kruim se growwe en ongelykmatige porieë, wat danksy 'n spesiale kniemetode teen laer temperature en die byvoeging van net 'n klein hoeveelheid gis verkry word. Die stokvorm van die brood verseker dat ook die maksimum hoeveelheid kors verkry word. Baguettes het gewoonlik 'n lengte van een meter, 'n ovale deursnee van vyf tot ses sentimeter en 'n gewig van 250 gram.

Baguettes word in Frankryk slegs deur besondere bakkers, die sogenaamde boulangers (letterlik: "bakkers van bolvormige brode"), gebak.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy