Ballistiek

Verskillende vlugbane van 'n projektiel wat teen dieselfde hoek (70°) maar onder verskillende omstandighede afgevuur word:
met Newton-wrywing (groen), met die Stokes-wrywing (blou)
en sonder wrywing (swart, trajek van vryeval).

Die ballistiek (Grieks bἀllein "gooi") is die "leer van liggame in vlug" en deel van die fisika. Dit beskryf die afloop van prosesse wat 'n liggaam deurloop n terwyl dit binne 'n gravitasieveld deur 'n medium soos lug beweeg.

Die ballistiek beskryf spesifiek die prosesse wat 'n projektiel deurloop, nadat dit uit die loop van 'n geweer afgevuur word. Die volgende aspekte van ballistiek kan onderskei word:

  • Interne-ballistiek: Prosesse binne die loop en kamer van die geweer tydens die afvuur van 'n projektiel.
  • Uitgangs-ballistiek: Prosesse by die uitgang van die loop van 'n geweer tydens 'n skoot
  • Eksterne-ballistiek: Prosesse tydens die vlug van die projektiel nadat dit die geweer se loop verlaat het.
  • Terminale-ballistiek: Effek van die projektiel as dit die teiken tref (in jag die "ballistiek van die wond")
  • Vuurpyl-ballistiek: Prosesse tydens die vlug van 'n vuurpyl

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy