Barkly-Oos (Barkly East) | |
---|---|
Koördinate: 30°58′5″S 27°35′36″O / 30.96806°S 27.59333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Joe Gqabi |
Munisipaliteit | Senqu |
Stigting | 1873[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 16,80 km2 (6,49 vk. myl) |
Hoogte | 1 790 m (5 870 ft) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 9 986 |
• Digtheid | 594/km2 (1 540/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 2.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 6.2% |
• Swart mense | 90.4% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 74.6% |
• Sotho | 11.7% |
• Engels | 2.6% |
• Afrikaans | 8.6% |
• Ander | 2.5% |
Poskode (strate) | 9786 |
Poskode (posbusse) | 9786 |
Skakelkode | 045 |
Webwerf | http://www.barklyeast.co.za/ |
Barkly-Oos is 'n dorp in die provinsie Oos-Kaap sowat 116 km suidoos van Aliwal-Noord.
Dit is in 1874 aangelê op die plaas Rockey Park en genoem na sir Henry Barkly, goewerneur van die Kaap van 1870 tot 1877. Munisipale status is in 1881 verwerf. Op 1 813 meter bo seevlak is dit een van die hoogsliggende plekke in Suid-Afrika. Tiffendell, Suid-Afrika se enigste ski-oord, lê naby die dorp. Barkly-Oos is die sentrum van die belangrike wolproduserende distrik New England.
Die bevolking in 1978 was 13 176, waarvan 1 637 wit was.