Beaufort-Wes

Beaufort-Wes

Beaufort West
Die NG gemeente Beaufort-Wes se kerkgebou, ontwerp deur James Bisset.
Die NG gemeente Beaufort-Wes se kerkgebou, ontwerp deur James Bisset.
Beaufort-Wes is in Wes-Kaap
Beaufort-Wes
Beaufort-Wes
Koördinate: 32°21′0″S 22°35′0″O / 32.35000°S 22.58333°O / -32.35000; 22.58333
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitSentraal-Karoo
Plaaslike MunisipaliteitBeaufort-Wes
Stigting1818
Oppervlak
 • Totaal56,5 km2 (21,8 vk. myl)
Hoogte
650 m (2 130 ft)
Bevolking
 • Totaal34 085
 • Digtheid600/km2 (2 000/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
6970
Skakelkodes023
Die eertydse openbare meisieskool huisves tans sekere munisipale kantore. Dis in 1898 vergroot volgens die plan van John Parker.
Die NG sendingkerk is as sulks gebruik tot 1964. Dr. Chris Barnard is in die sendingpastorie gebore in 1922 terwyl sy vader leraar van die sendinggemeente was.
Die Jongeliedesaal oftewel kerksaal van NG gemeente Beaufort-Wes.
Talle ou geboue uit 'n wye verskeidenheid verskillende eras het in die geskiedkundige middedorp behoue gebly.
Beaufort-Wes is 'n gewilde oornagplek op die N1 en N12, met talle gastehuise, hotelle en herberge, soos die Karoo Lodge in Donkinstraat.
'n Tipiese Karoohuis in Birdstraat.
Beaufort-Wes se ou stadhuis, ontwerp deur James Bisset, nes die NG moederkerk. Die dorpsraad het die gebou op 20 Julie 1866 sonder veel omslag of seremonie betrek.

Beaufort-Wes (Engels: Beaufort West) is die hoofdorp van die Groot Karoo met sowat 34 000 inwoners (2011) en 'n oase vir reisigers onderweg op die N1 nasionale pad tussen die Suidwes-Kaap en die Vrystaat en Gauteng, en op die N12 nasionale pad tussen die Suid- en Noord-Kaap. Die R61-provinsiale roete na die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal draai ook hier weg. Verder is dit 'n belangrike administratiewe, opvoedkundige, landbou-, handel- en vervoersentrum.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy