Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Biblioteca José Vasconcelos is 'n groot openbare biblioteek en een van die grootste kultuursentra in Meksikostad. Dit lê benoorde die Meksikostadse historiese sentrum. Dit maak deel uit van die Nasionale Raad van Kuns en Kultuur van die Meksikaanse Federale Owerheid en sou oorspronklik as spil van die Meksikaanse biblioteke dien. Met die jare (en ná die oorkoming van die aanbouprobleme) word dit 'n landteken van die stad en 'n nuwe ontmoetingsplek om te kom leer. Die biblioteek word elke jaar deur miljoene mense besoek.