Biogas

Biogas-aanleg by Durban

Biogas verwys na 'n gas wat ontstaan tydens die biologiese ontbinding van organiese materiaal. Biogas ontstaan uit die afbreek van biogeniese materiaal en word daarom as 'n biobrandstof beskou. Een soort biogas ontstaan uit die gisting of anaerobiese vertering van biodegradeerbare materiale soos biomassa, dieremis of riool, munisipale afval en energie-gewasse. Hierdie soort biogas bestaan hoofsaaklik uit metaan en koolstofdioksied. 'n Ander soort biogas ontstaan deur die vergassing van hout of ander soorte biomassas. Hierdie soort Biogas bestaan hoofsaaklik uit stikstof, waterstof en koolstofmonoksied met spoorhoeveelhede metaan daarin.

Biogas kan as 'n motorbrandstof gebruik word, om elektrisiteit mee op te wek. Dit kan ook regstreeks verbrand word vir kosmaak-, verhitting- en beligtingsdoeleindes.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy