Bleikmiddel

Clorox Bleach-produkte

Bleikmiddels is chemikalieë wat gebruik word om 'n groot verskeidenheid van stowwe, insluitende tekstielstowwe, papier en voedsel, te bleik (ontkleur). Die meeste van die bleikprosesse is chemies van aard, met ander woorde die kleurstof word vernietig of in 'n ander stof omgeskakel. By optiese metodes word 'n ander kleurstof bygevoeg sodat die mengsel 'n ander kleur het. Soms het 'n stof onsuiwerhede wat deur 'n ander stof geabsorbeer kan word wanneer die twee stowwe in kontak met mekaar is, Nadat die onsuiwerhede verwyder is, lyk die oorspronklike stof wit of kleurloos. Hierdie proses word fisiese bleik genoem. Die bekendste bleikmiddels is waterstofperoksied, swaeldioksied en geaktiveerde koolstof.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy