Blin

Blin, blintsjik
’n Bord met blini, ook genoem blintsjiki.
’n Bord met blini, ook genoem blintsjiki.
Soort gereg Pannekoek
Land Rusland
Hoofbestanddeel Meel
Ander bestanddele Melk, eiers, suiker
Soortgelyke geregte Plaatkoekie, crêpe, flapjack
Die bereiding van blini.

’n Blin (meervoud: blini; Russies: блин, блины; verkleinwoord: блинчик, blintsjik) is ’n soort Russiese pannekoek wat tradisioneel van koring- of (al hoe minder) van bokwietmeel gemaak en saam met suurroom, dikmelkkaas, botter, kaviaar en ander bykosse voorgesit word.[1]

'n Russiese 8-roebel-seël met blini en kaviaar.

In Russies is blin die enkelvoud en blini die meervoud, maar omdat die enkelvoud so selde voorkom, gebruik baie mense in ander tale die woord "blini" vir die enkelvoud. Die Afrikaanse (dubbele) meervoud is dan "blini's". Soms word die verkleinwoord, blintsjik(i), gebruik. Die Russiese woord kom van die Oudrussiese млинъ (mlin).[2] Dit het oorspronklik ’n gereg van gemaalde meel beteken, afgelei van die Oekraïense term mlin vir "meul" en vandaar die Oekraïense woord млинець (mlinets) vir blin.

Die Joodse blintz het blykbaar uit die blin ontstaan. Dit is ’n dun pannekoekie wat gewoonlik van koringmeel gemaak en om ’n vulsel van kaas of vrugte gevou word. Dit word dan weer gebraai of gebak.[3]

  1. "Photographic image" (JPG). Upload.wikimedia.org (in Japannees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 6 Januarie 2017.
  2. близорукий блинд. "блин - это... Что такое блин?". Dic.academic.ru (in Russies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 6 Januarie 2017.
  3. "blintze | a thin usually wheat-flour pancake folded to form a casing (as for cheese or fruit) and then sautéed or baked". Merriam-webster.com. Besoek op 12 Augustus 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy