Bloukaas

Bloukaas
Gorgonzola, ’n bloukaas van Italië.
Gorgonzola, ’n bloukaas van Italië.
Voedingswaarde (per 100 g)
Vetinhoud  28,74 g
Proteïen  21,4 g
Koolhidrate  2,34 g
Energie  1 477,939 kJ[1]
Bleu de Gex, ’n romerige, halfsagte bloukaas van Frankryk.

Bloukaas is ’n algemene klassifikasie van kase waartoe kulture van die swam Penicillium gevoeg is sodat die finale produk kolle of are van blou of blougrys skimmel bevat en ’n sekere geur het van dié swam of verskeie spesiaal gekweekte bakterieë. By sommige bloukase word spore ingespuit voordat die wrongel vorm, en by ander word die spore ná die tyd in die wrongel ingemeng. Die kaas word gewoonlik in ’n temperatuurbeheerde omgewing soos ’n grot verouder. Dit kan net so geëet of oor kos gekrummel of gesmelt word.

Die smaak van bloukase is dikwels skerp en sout. Die bakterie Brevibacterium linens is verantwoordelik vir die reuk van baie bloukase,[2] asook vir voetreuke en ander menslike liggaamsreuke.[3]

  1. "National Nutrient Database for Standard Reference Release 27 - Basic Report: 01004, Cheese, blue". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2015. Besoek op 15 September 2017.
  2. Deetae P; Bonnarme P; Spinnler HE; Helinck S (Oktober 2007). "Production of volatile aroma compounds by bacterial strains isolated from different surface-ripened French cheeses". Appl. Microbiol. Biotechnol. 76 (5): 1161–71. doi:10.1007/s00253-007-1095-5. PMID 17701035.
  3. Cheese, toes, and mosquitoes

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy