Blumenau

Blumenau

Kaart Wapen
Vlag
 Land Brasilië
 Deelstaat Santa Catarina
 Koördinate 26°55′S 49°03′W / 26.917°S 49.050°W / -26.917; -49.050
 Stigting 2 September 1850
 Oppervlakte:  
 - Totaal 519,837 vk km
 Hoogte bo seevlak 21 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2007) 304 162
 - Bevolkingsdigtheid 574,4/vk km
 Tydsone UTC -3
 - Somertyd UTC -2
 Burgemeester Napoleão Bernardes
Neto (PSDB, 2017-2020)
 Amptelike Webwerf blumenau.sc.gov.br

Blumenau is 'n stad in die Suid-Brasiliaanse deelstaat Santa Catarina met sowat 300 000 inwoners. Blumenau lê in die Rio Itajaí-vallei, sowat vyftig kilometer van die Atlantiese kus af, tussen Joinville in die noorde en die hoofstad Florianópolis in die suide. Vanweë die heuwelagtige omgewing en die rivierloop is die bewoonbare oppervlakte baie beperk.

Die stad, wat in 1850 deur 'n groep Duitse immigrante onder die leiding van die apteker Dr. Hermann Blumenau as eerste Duitse nedersetting in die Itajaí-vallei gestig is, is naas Joinville en Brusque die belangrikste sentrum van Duitse setlaars in Santa Catarina. Die persentasie inwoners van Duitse afkoms word tans op sowat veertig persent beraam.[1]

Die stad lok met sy Duitse karakter, Oktoberfest en argitektuur baie besoekers uit ander Brasiliaanse deelstate, alhoewel die meeste van sy kenmerkende vakwerkhuise soos die Prefeitura Municipal en die Casa Moellmann eers onlangs opgerig is.

Net soos in sy stigtingsjare word Blumenau nog steeds deur oorstromings bedreig; die Rio Itajaí se hoogwater het al 'n rekord-hoogte van 17,1 meter bereik.

  1. Baedeker Brasilien. 8ste uitgawe. Ostfildern: Verlag Karl Baedeker 2014, bl. 187

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy