Bolsjoi-teater

Bolsjoi-teater
Die Bolsjoi-teater in 2012.
Die Bolsjoi-teater in 2012.
Plaaslike naam Большой театр
Ligging Teaterplein
(Театральная площадь)
Stad Moskou, Rusland
Argitek Joseph Bové
Geopen 1825
Webtuiste www.bolshoi.ru

Die Bolsjoi-teater (Russies: Большо́й теа́тр, "Groot Teater") is ’n historiese teater in Moskou, Rusland, wat deur die argitek Joseph Bové ontwerp is. Dit word gebruik vir ballet- en opera-opvoerings. Voor die Russiese Rewolusie van 1917 was dit saam met die Mali-teater ("Klein Teater") in Moskou en ’n paar teaters in Sint Petersburg deel van die keiserlike teaters.

Die Bolsjoi-ballet en -opera is van die oudste en beroemdste ballet- en operageselskappe in die wêreld. Dit is verreweg die grootste balletgeselskap, met meer as 200 dansers.[1] Die teater huisves die Bosjoi-teaterballetakademie, ’n wêreldbekende en vooraanstaande balletskool.

Die hoofgebou, wat verskeie kere in sy geskiedenis herbou en gerestoureer is, is ’n landmerk in Moskou en Rusland; sy ikoniese neoklassieke fasade word op die Russiese 100-roebelnoot uitgebeeld. Die teater het op 28 Oktober 2011 heropen ná ’n uitgebreide opknapping wat ses jaar geduur het.[2] Dit het ingesluit die herstel van die akoestiek tot die oorspronklike gehalte (dit het in die Sowjettydperk verlore gegaan), sowel as die herstel van die oorspronklike keiserlike dekor.[2]

  1. Elder, Miriam (22 Maart 2011). "Bolshoi rocked by scandal and intrigue". The Guardian (in Engels). Manchester. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2019. Besoek op 22 Mei 2017.
  2. 2,0 2,1 "Bolshoi Theatre to reopen after major refit", BBC News op bbc.co.uk, 28 Oktober 2011

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy