Boomplantdag

Vrywilligers plant 'n boom op boomplantdag.
Groter bome het 'n lekker diep gat nodig.
Die boom is pas geplant. Genoeg kompos is bygewerk.
Moenie vergeet om jou boom nat te gooi nie.

Boomplantdag is 'n nieamptelike gedenkdag waarop mense bome plant. Dit word in baie lande gevier en skoolkinders neem dikwels deel.[1] Alhoewel dit gewoonlik in die lente plaasvind, hang die presiese datum van die klimaat en plantseisoen van die plek waar dit waargeneem word af. Op die dag word bosbou en bome in die algemeen beklemtoon, terwyl die gevare van bosbrande uitgelig word. Dit is 'n gulde geleentheid om 'n nuwe boom te plant, een te borg of om voeding en kompos by bestaande bome by te werk.

Bome is van kardinale belang vir die mens se voortbestaan. Dit bekamp lugbesoedeling, vervaardig suurstof, help om koolstofdioksied uit die atmosfeer te verwyder. Dit voorkom ook erosie, verskaf skaduwee en help dat vog stadiger uit die grond verdamp. Die hout van bome word gebruik om papier, meubels, geboue en bote te maak.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy