Breinkaart

'n Breinkaart, in Afrikaans ook bekend as die Spinnekop-en-web-metode, is 'n diagram wat gebruik word om woorde en idees aan 'n sleutelwoord oor 'n kernbegrip of idee te verbind. Dit word gebruik om idees te visualiseer, klassifiseer, te struktureer en te skep; dit word ook gebruik as studiehulpmiddel, vir probleemoplossing en besluitneming.

Dit is soortgelyk aan 'n semantiese netwerk of kognitiewe kaart maar daar is geen formele beperkinge op die soorte skakels wat gebruik mag word nie. Dikwels sluit die kaart prente, woorde en lyne in. Die elemente word intuïtief gerangskik volgens die belangrikheid van die begrippe en word in groepe, vertakkinge of velde verdeel.

'n Breinkaart is met ander woorde 'n beeldgesentreerde radiale diagram wat die semantiese of ander verbindings tussen stukkies inligting verteenwoordig. Die eenvormige grafiese formulering van die semantiese struktuur van inligting op die metode van kennisversameling kan die oproep van bestaande herinneringe verbeter. Dit word ook dikwels geadverteer as 'n tegniek om motivering om 'n taak uit te voer te verhoog. Die kaart kan byvoorbeeld gebruik word om die struktuur van 'n regeringinstansie grafies te illustreer. 'n Breinkaart wat goed gestruktureer is en goed gevestig is kan gebruik word om 'n onderwerp te hersien.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy