Bremerhaven

Bremerhaven

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Bremen
 Koördinate 53°33′N 08°35′O / 53.550°N 8.583°O / 53.550; 8.583
 Gestig op 1 Mei 1827
 Stadstatus 18 Oktober 1851
 Oppervlakte:  
 - Totaal 101,41 vk km
 Hoogte bo seevlak 2 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2022) 115 468[1]
 - Bevolkingsdigtheid 1 139/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde seeklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 9,4 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 1,8 / 17,4 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 741,5 mm
 Burgemeester Melf Grantz (SPD)
 Amptelike webwerf bremerhaven.de

Bremerhaven (Duits: [ˌbʁeːmɐˈhaːfn̩], , letterlik: "Breemse hawe"; Nederduits: Bremerhoben) is met 'n oppervlakte van 101 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 115 400 die grootste stad aan die Duitse Noordseekus. Bremerhaven is op 1 Mei 1827 deur Breemse koopmans as 'n seehawe vir die stad Bremen, wat sowat 60 kilometer suid van die kus lê, gestig en het op 18 Oktober 1851 stadstatus verkry. Vandag vorm Bremerhaven saam met Bremen die stadstaat Vrye Hansestad Bremen, die kleinste van Duitsland se sestien deelstate.

Die stad Bremerhaven in die deelstaat Bremen

Naas die hawe, wat tussen 1830 en 1974 die belangrikste seehawe vir Europese emigrante was van waar sowat sewe miljoen emigrante die seereis na hul nuwe oorsese tuislande begin het en wat vandag as die tweede grootste invoerhawe vir oorsese voertuie in Europa dien, vorm skeepsbou, voedselverwerking en toerisme die ekonomiese basis van die stad. Bremerhaven fungeer daarnaas as die kulturele en opvoedkundige sentrum vir sowat 300 000 bewoners van die gebied tussen die riviere Weser en Elbe. Die stad lê op die oostelike oewer van die Weser terwyl die stad Nordenham teenoor Bremerhaven op die westelike oewer geleë is.

  1. (de) "Bevölkerungsentwicklung 2022 im Land Bremen" (PDF). Statistisches Landesamt Bremen. 1 Junie 2023. Besoek op 30 Junie 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy