Brisbane-lughawe

Brisbane-lughawe
IATA: BNEICAO: YBBN
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar/Operateur Brisbane Airport Corporation Pty Ltd
Bedien Brisbane
Ligging Brisbane, Queensland, Australië
Spil vir
Hoogte bo seevlak 1 vt / 0,333 m
Koördinate 27°23′00″S 153°07′06″O / 27.38333°S 153.11833°O / -27.38333; 153.11833
Webtuiste bne.com.au
Landkaart
BNE is in Queensland
BNE
BNE
BNE is in Australië
BNE
BNE
Ligging in Queensland (bo) en Australië (onder)
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
01L/19R 3 300 10 827 Teer
01R/19L 3 560 11 680 Teer
Statistieke (2017)
Passasiers 23 205 702[1]
Lugbewegings (2019) 215 930[1]
Ekonomiese impak (2012) $7,3 miljard[2]
Sosiale impak (2012) 50,7 duisend
Bron: AIP en BITRE[3]

Brisbane-lughawe (IATA: BNE, ICAO: YBBN) is die primêre internasionale lughawe wat Brisbane en Suidoos-Queensland bedien. Die lughawe huisves 31 lugrederye wat na 50 binnelandse en 29 internasionale bestemmings vlieg, in totaal het meer as 22,7 miljoen passasiers in 2016 deur die lughawe gereis. In 2016 het 'n OAG-verslag Brisbane-lughawe as die vyfde beste presterende groot-grootte lughawe ter wêreld aangewys vir betydse prestasie met 86,71% van aankomste en vertrekke wat binne 15 minute van hul geskeduleerde tye plaasgevind het,[4] wat effens gedaal het van 88,31% van die jaar tevore.[5]

Brisbane-lughawe is 'n belangrike spilpunt vir beide Virgin Australia en Qantas, en 'n sekondêre spilpunt vir Qantas se laekostefiliaal Jetstar. Brisbane het die derde hoogste aantal binnelandse verbindings in Australië na Sydney en Melbourne. Dit is ook die tuiste van Qantas se A330 en B737 swaar instandhoudingsfasiliteite.[6][7] Virgin Australia het 'n kleiner instandhoudingsfasiliteit by die lughawe, waar lynonderhoud op die lugredery se 737-vloot uitgevoer word.[8] Ander lugrederye, naamlik QantasLink, en Alliance Airlines doen ook instandhouding by hul onderskeie fasiliteite by die lughawe.[9][10] Die lughawe het internasionale en binnelandse passasiersterminale, 'n vragterminaal, 'n algemene lugvaartterminaal sowel as twee aanloopbane.

Die "Royal Flying Doctor Service" het een van sy nege Queensland-basisse by Brisbane-lughawe.[11]

Op 30 Maart 2020 is aanloopbaan 14/32 vroeg uit diens gestel as deel van Brisbane se nuwe aanloopbaanfase, sodat die ongebruikte kruisaanloopbaan vir vliegtuigparkering benut kon word.[12]

  1. 1,0 1,1 "Passenger Statistics". Brisbane Airport. Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2018. Besoek op 7 Februarie 2018.
  2. "Brisbane International airport – Economic and social impacts". Ecquants. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2014. Besoek op 7 September 2013.
  3. "Airport traffic data". Bureau of Infrastructure, Transport and Regional Economics (BITRE). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2014.
  4. "On-time performance results for airlines and airports" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 7 Januarie 2017. Besoek op 7 Januarie 2017.
  5. "On-time performance results for airlines and airports" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 April 2016. Besoek op 16 April 2016.
  6. About Qantas – Media Room – Media Releases Geargiveer op Wayback Machine.
  7. About Qantas – Media Room – Media Releases – Qantas Secures 500 Engineering Jobs in Queensland.
  8. > News and Press Releases Geargiveer op Wayback Machine.
  9. "Inquiry into the Impact of the Global Financial Crisis on Regional Australia" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 Maart 2011.
  10. Charter Flights Australia Geargiveer op Wayback Machine.
  11. "RFDS QLD Home Page". Royal Flying Doctor Service. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Februarie 2016. Besoek op 17 April 2021.
  12. Adam Thorn. "Brisbane Airport makes space for grounded aircraft". Australian Aviation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op 8 April 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy