Bronsruiter

Die Bronsruiter

Ligging Senaatsplein, Sint Petersburg
Kunstenaar Étienne Maurice Falconet
Jare 1768-1782
Soort Ruiterstandbeeld

Die Bronsruiter (Russies: Медный всадник, Mjedni wsadnik, letterlik "Die Koperruiter") is ’n standbeeld van Pieter die Grote op ’n perd op Senaatsplein in Sint Petersburg, Rusland. Opdrag daarvoor is deur Katharina die Grote gegee en dit is deur die Franse beeldhouer Étienne Maurice Falconet gemaak. Die naam kom van die 1833-gedig met dieselfde naam deur Aleksander Poesjkin wat algemeen beskou word as een van die belangrikste werke in die Russiese letterkunde. Die standbeeld is nou een van die stad se simbole.

Die voetstuk van die standbeeld is die enorme "Dondersteen", die grootste klip ter wêreld wat nog deur mense geskuif is.[1] Dit het oorspronklik sowat 1 500 ton geweeg, maar tydens die vervoer daarvan na sy huidige staanplek is dele afgebeitel totdat dit sowat 1 250 ton geweeg het.

  1. Adam 1977, p. 42−45

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy