Carmel-by-the-Sea

Carmel-by-the-Sea
Carmel en sy kuslyn
Carmel en sy kuslyn
Carmel en sy kuslyn
Ligging in Monterey County en Kalifornië
Ligging in Monterey County en Kalifornië
Ligging in Monterey County en Kalifornië
Ligging van Kalifornië in die VSA
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State van Amerika
Staat Kalifornië
County Monterey County
Stigting / inkorporasie 1902 / 31 Oktober 1916
Regering
 - Burgemeester Dave Potter
Oppervlakte
 - Totaal 2,798 km² (1,1 myl²)
Bevolking (2010)
 - Totaal 3 722
 - Digtheid 1 330,2/km² (3 445,2/myl²)
ZIP code 93921
Areakode(s) 831
Webwerf: ci.carmel.ca.us

Carmel-by-the-Sea, dikwels kortweg Carmel genoem, is 'n stad in Monterey County in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië. Carmel is op die Monterey-skiereiland aan die Stille Oseaankus, sowat 530 kilometer noord van Los Angeles en 190 kilometer suid van San Francisco geleë, met 'n oppervlakte van sowat een vierkante myl en 'n bevolking van 3 722 volgens die sensus van 2010. Na die bewoners word in Engels as Carmelites verwys.

'n Eensame branderplankroeier op Carmel se sandstrand

Die stad, wat in 1902 gestig en op 31 Oktober 1916 geïnkorporeer is, staan bekend vir sy natuurskoon en word tradisioneel met die kunste verbind. So het hier in die vroeë 20ste eeu 'n kunstenaarskolonie ontstaan. Baie kunstenaars en literêre persoonlikhede, wie se werke, wonings, ateljees en uitstallingsruimtes in die groot aardbewing en brandramp van San Francisco in 1906 vernietig is, het 'n toevlugsoord in Carmel gevind.[1] Die luukse Hotel Del Monte in Carmel het reeds in 1907 as kunsgalery gedien waar kunstenaars uit Noord-Kalifornië hul werke aan die publiek kon vertoon en verkoop.

Die dagblad San Francisco Call het reeds in 1906 'n hele bladsy aan die "kunstenaars, digters en skrywers van Carmel-by-the-Sea" gewy. In 1910 het die blad vermeld dat sestig persent van die woonhuise in Carmel deur burgers opgerig is wat "hul lewens aan werk wy wat aan estetiese kunste verbind is". In dieselfde jaar, op 22 Mei, het 'n artikel oor Carmel in die Los Angeles Times verskyn - met die opskrif Hotbed of Soulful Culture, Vortex of Erotic Erudition: Carmel in California, Where Author and Artist Folk are Establishing the Most Amazing Colony on Earth.[2]

Vroeë stadsrade is deur kunstenaars oorheers, terwyl verskeie digters en akteurs as burgemeesters gedien het, onder wie Herbert Heron, die stigter van die plaaslike Forest Theater, die boheemse skrywer en akteur Perry Newberry, en die akteur en regisseur Clint Eastwood wat die amp van burgemeester tussen 1986 en 1988 beklee het. In 1981 het die bekende aktrise en sangeres Doris Day haar in Carmel kom vestig. Saam met haar sakevennoot Dennis LeVett het Doris Day die Cypress Inn bedryf, 'n hotel in die Mediterreense styl wat in 1929 opgerig is en as historiese gebou beskerm word.[3] Die aktrise, wat 'n rustige lewe in Carmel Valley gelei het, is hier in 2019 oorlede. Die laaste dekades van haar lewe was volledig aan die welsyn van diere gewy.[4]

  1. Alissandra Dramov: Carmel-by-the-Sea, the Early Years (1903–1913). Bloomington, IN: Author House 2012, bl. 132
  2. "KCET.org: Carmel-artikel in die Los Angeles Times" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 14 Junie 2020. Besoek op 21 Mei 2020.
  3. Cypress Inn - Doris Day se hotel in Carmel. Besoek op 21 Mei 2020
  4. Carmel Now, 13 Mei 2019: Our Beloved Doris Day Passed Away this Morning in Carmel. Besoek op 21 Mei 2020

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy