Carmen

Plakkaat van Carmen se première, 1875

Carmen is 'n opera van die komponis Georges Bizet (1838–1875). Die opera het vier bedrywe en handel oor ’n Spaanse sigeunerin genaamd Carmen. Die libretto (teks) is deur Henri Meilhac en Ludovic Halévy geskryf, en is op 'n novelle van Prosper Mérimée gebaseer. Die eerste opvoering het op 3 Maart 1875 in Parys (in die Opéra-Comique) plaasgevind.[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy