Cella

Die Maison Carrée in Nîmes beskik oor 'n cella.

'n Cella of naos was in die Romeinse tyd 'n stoorruimte (Varro, De Ling. Lat. V 162, ed. Müller). Cella het eiesoortige name gehad, afhangende van die items wat hulle bevat het, soos die cella penaria (spens), die cella olearia (speserye ens. vir geur) en cella vinaria (wyn). Die slaaf wat met die toesig van hierdie winkels toevertrou is, is cellarius (Plaut., Capt. IV 2115; Senec., Ep. 122.), promus (Colum., XII 3.) of condus, "quia promit quod conditum est" (cf. Hor., Carm. I 9.7, III 21.8) en soms promus condus en procurator peni (Plaut., Pseud. II 2.14.) genoem. Dit beantwoord aan ons hedendaagse butler en huishoudster.

Enige aantal klein kamertjies wat saamgegroepeer is soos die selle van 'n heuningkoek (Virg. Georg. iv. 164) is ook cellae genoem; daarom is die kwartiere van slawe en ondergeskiktes cellae (Cic., Phil. II 27; Columella, I 6.) en cella familiaricae (Vitruv., VI 10 bl.  182.) genoem om dit te onderskei van 'n slaapkamer, wat 'n cubiculum genoem is. Aldus is 'n slaapkamer van 'n openbare huis ook cella genoem (Petron., 55.). Om dieselfde rede is die kamers van 'n bordeel ook cellae genoem (Petron., 8; Juv., Sat. VI 128.). Elke vrou het een kamer vir haarself gehad (Ibid., 122.), waarbo haar naam en die prys vir haar dienste neergeskryf is (Senec., Controv. I 2.); daarom beteken cella inscripta 'n bordeel (Mart., XI 45.1.). Cella ostiarii (Vitruv., VI 10; Petron., 29.) of ianitoris (Suet., Vitell. 16.) is die naam vir 'n portier se woning.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy