Cremona

Cremona
Cremùna
Stadsprofiel van Cremona
Stadsprofiel van Cremona
Wapen van Cremona
Wapen
Regering
 - Burgemeester (PD) Gianluca Galimberti
Oppervlakte
 - Totaal 69,7 km² (26,9 myl²)
Bevolking (1 Januarie 2021)
 - Totaal 71 223
Areakode(s) 0372
Webwerf: Amptelike webwerf

Cremona (/krɪˈmnə/,Italiaans: [kreˈmoːna]) is 'n stad (comune) geleë in noord-Italië in die streek Lombardye op die linkeroewer van die Po-rivier in die middel van die Pianura Padana (Povlakte). Dit is die hoofstad van die provinsie van Cremona en die setel van die plaaslike stads- en provinsiale regerings. Cremona is veral bekend vir sy musikale geskiedenis, erfenis en tradisies, en was die tuiste van sommige van die vroegste en bekendste makers en vakmanne van strykinstrumente, soos Giuseppe Guarneri, Antonio Stradivari, Francesco Rugeri, Vincenzo Rugeri, en verskeie lede van die Amati-familie.[1]

  1. Yin, Steph (20 Desember 2016). "Science behind Stradiveri violins". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2017. Besoek op 1 Maart 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy