Dannhauser

Dannhauser
Dannhauser is in KwaZulu-Natal
Dannhauser
Dannhauser
 Dannhauser se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 28°0′S 30°3′O / 28.000°S 30.050°O / -28.000; 30.050
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikAmajuba
MunisipaliteitDannhauser
Oppervlak
 • Totaal8,9 km2 (3,4 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal5 389
 • Digtheid606/km2 (1 570/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense1.8%
 • Indiërs/Asiërs22.0%
 • Bruin mense1.8%
 • Swart mense73.7%
 • Ander0.6%
Taal (2011)
 • Zoeloe 70.4%
 • Engels 23.7%
 • Afrikaans 1.8%
 • Ander 4.1%
Poskode (strate)
3080
Skakelkode034

Dannhauser is 'n voormalige steenkoolmyndorp in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Bees- en skaapboerdery vind ook in die distrik plaas.

Die dorp is vernoem na Renier Dannhauser, 'n Duitse setlaar, wat die plaas Palmietfontein in 1872 van die Natalse regering gekoop het. Die hedendaagse Dannhauser beslaan vyf plase naamlik Tweediedale, Palmietfontein, Rocky Spruit, Cornwall en Klipkuil. [2][3] Dit is in 1937 tot dorp verklaar. Durnacol behuising is relatief goedkoop noudat die steenkoolmyne gesluit is. Die R621-streekdroete gaan deur die dorp.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die onderplekke Dannhauser SP en Emafusini SP tydens die 2011-sensus.
  2. Dannhauser plaaslike munisipaliteit, History and Heritage[dooie skakel], Besoek op 16 November 2007
  3. Department of Arts and Culture's list of local and district municipality's names. Geargiveer 26 Desember 2008 op Wayback Machine, Besoek op 16 November 2007

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy