Dido

Eneas vertel vir Dido van die Trojaanse Oorlog (Guérin, 1815).

Dido (Grieks: Διδώ diːdɔ̌ː), ook bekend as Elissa (Ἔλισσα),[1] was die legendariese stigter en eerste koningin van die Fenisiese stadstaat Kartago, nou in Tunisië. Sy is net bekend uit antieke Griekse en Romeinse bronne, waarvan die meeste geskryf is lank ná die stigting van Kartago, en dus is haar geskiedenis onseker. In die meeste weergawes was sy die koningin van die Fenisiese stadstaat Tirus (nou in Libanon) wat van tirannie weggevlug en haar eie stad in Noordwes-Afrika gestig het.

  1. "Elissa – Dido Legend of Carthage". www.phoenician.org. Besoek op 14 April 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy