Doelbal

Piktogram wat Doelbal aandui
Die Sweedse doelbalspan tydens die Paralimpiese Somerspele 2004 in Athene
'n Doelbalveld is 18 m lank en 9 m breed. Die doelgebied is oor die hele breedte van die veld geleë

Doelbal (Engels: goalball) is 'n balsport vir persone met 'n visuele gestremdheid. Die sport is in 1946 deur die Oostenryker Hans Lorenzen en die Duitser Sepp Reindle ontwerp om veterane uit die Tweede Wêreldoorlog met 'n visuele gestremdheid te help rehabiliteer.

Doelbalspelers dra 'n toegeplakte skibril, wat dit vir atlete sonder 'n visuele gestremdheid ook moontlik maak om aan die sport deel te neem.

Doelbal word in twee helftes van 10 minute elk gespeel op 'n veld van 18 by 9 meter groot. Elk van die twee spanne het 'n maksimum van ses spelers, waarvan drie in die veld staan. Elke span speel op hulle eie helfte van die veld. Deur 'n onderhandse gooi word die rinkelbal, 'n 1,25 kg swaar bal met 'n klokkie daarin, na die doel van die ander span gegooi. Die doel strek oor die volledige breedte van die veld. Die spelers van die ander span moet slegs op gehoor bepaal waar die bal is en probeer om die bal uit hulle doelgebied te hou.

Beide helftes van die veld is verdeel in drie gebiede van drie meter elk. Hierdie gebiede van buite na binne is: die spangebied, die gooigebied en die neutrale gebied.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy