Douro

Douro
Die Douro tussen Porto (regs) en Vila Nova de Gaia (links), Portugal, stroomaf.
Die Douro tussen Porto (regs) en Vila Nova de Gaia (links), Portugal, stroomaf.
Die Douro tussen Porto (regs) en Vila Nova de Gaia (links), Portugal, stroomaf.

Die stroomgebied van die Douro.

Oorsprong Picos de Urbión, Sistema Ibérico, Duruelo de la Sierra, Soria, Kastilië en León, Spanje
Monding Porto, Portugal
Atlantiese Oseaan
Stroomgebied Spanje en Portugal
Lengte 897 km (557 myl)
Oorspronghoogte 2 157 m (7 077 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 700 m³/s (25 000 vt/s³)
Stroomgebiedopp. 98 400 km² (38 000 myl²)
Kaart van die Douro-bekken op die Iberiese Skiereiland.
Kaart van die Douro-bekken op die Iberiese Skiereiland.

Die Douro (Portugees: [ˈdo(w)ɾu]; Spaans: Duero, [ˈdweɾo]; Kelties: *Dur, letterlik: "water") is 'n groot wes-vloeiende rivier in Spanje en Portugal. Die rivier, met 'n lengte van 897 km, is die derde langste rivier op die Iberiese Skiereiland na die Taag en die Ebro asook die grootste volgens afloop en stroomgebied.

Die Douro naby Soria, Spanje

Die Douro ontspring naby Picos de Urbión in die Sistema Ibérico naby Soria in die outonome gewes Kastilië en León van Spanje. Aansluitend vloei die rivier in 'n westelike rigting en vorm vir sowat 112 km die grens tussen Spanje en Portugal. Vir die volgende 213 km vloei die Douro deur die Portugese wyngebiede en mond by Porto in die Atlantiese Oseaan uit. Die Portugese wynbougebied is veral bekend vir sy Portwyn wat van Porto vervoer word. Dit is in 2001 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy