Dwaalboeke

Boeke word in openbare plekke "losgelaat"...

Dwaalboeke (Engels: BookCrossing, BC, BCing, of Bxing), is die gebruik om 'n boek in 'n openbare plek te laat sodat dit deur iemand anders gevind, gelees en dan ook weer in die openbaar "vry te laat" en sodoende deel te word van 'n ontwikkelende "wêreldwye biblioteek".

Die konsep van dwaalboeke is gewild gemaak deur die webruimte BookCrossing.com wat deur Ron Hornbaker geskep is. Via hierdie webwerf kan 'n gebruiker registreer waarna 'n unieke BCID (boek-ID) nommer vir elke boek wat die gebruiker wil "vrylaat" gegenereer word. Die nommer word voor in die boek aangebring wat dit moontlik maak om deur middel van die webruimte die boek se "reis" deur die land en die wêreld te volg. Die uiteindelike doel van die proses is om 'n wêreldwye biblioteek tot stand te bring waarin miljoene boeke regoor die wêreld gratis tussen mense sirkuleer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy