Dwergisme

Dwergisme
Klassifikasie en eksterne bronne
Kyle Pacek is 'n Amerikaanse akteur en waaghals. Pacek het 'n vorm van dwergisme bekend as achondroplasie; hy is 137 cm lank.
Kyle Pacek is 'n Amerikaanse akteur en waaghals. Pacek het 'n vorm van dwergisme bekend as achondroplasie; hy is 137 cm lank.
ICD-10 E23.0, E34.2, E45.0, Q77.4
ICD-9 253.3, 259.4
DiseasesDB 80
MedlinePlus   001176
MeSH D004392
Mediese waarskuwing

Dwergisme beskryf 'n toestand waarin 'n organisme besonder klein is. Dit kom veral onder diere voor.[1] In mense word dit soms gedefinieer as 'n volwasse lengte van minder as 147 cm, ongeag die geslag. Die gemiddelde volwasse lengte onder mense met dwergisme is 122 cm, hoewel sommige effens langer is.[2][3][4] Disproporsionele dwergisme word gekenmerk deur óf kort ledemate óf 'n kort torso. In gevalle van proporsionele dwergisme is beide die ledemate en torso ongewoon klein.

Intelligensie is gewoonlik normaal en die meeste mense met dwergisme het 'n byna normale lewensverwagting.[5][6] Hulle kan gewoonlik kinders kry, hoewel dit bykomende risiko's vir die ma en kind inhou, na gelang van die onderliggende toestand.

Die algemeenste en makliks herkenbare vorm van dwergisme in mense (70% van gevalle) is die genetiese steuring achondroplasie, waar die ledemate baie klein is.[7] 'n Tekort aan groeihormone veroorsaak die meeste van die ander gevalle.[8]

Behandeling hang af van die onderliggende oorsaak. Mense met genetiese steurings kan soms met chirurgie of fisieke terapie behandel word. Hormoonsteurings kan ook behandel word met groeihormoonterpaie voordat die kind se groeiplate vasgroei. Individuele aanpassings, soos spesiale meubels, word soms deur mense met dwergisme gebruik.[9]

Baie steungroepe verskaf dienste om individue te help, onder meer teen die diskriminasie wat hulle in die gesig staar.[10]

Benewens die mediese aspek van die toestand, is daar ook die sosiale aspekte. Iemand met dwergisme kan as kind bespot word weens sy lengte en as volwassene kan daar teen hom gediskrimineer word.[11][12]

  1. "Definition of DWARFISM". Merriam-webster.com (in Engels). Besoek op 4 Mei 2017.
  2. "MedlinePlus: Dwarfism". MedlinePlus. National Institute of Health. 4 Augustus 2008. Besoek op 3 Oktober 2008.
  3. "FAQ". Lpaonline.org (in Engels (VSA)). Besoek op 4 Mei 2017.
  4. "Dwarfism: Symptoms". MayoClinic.com. Mayo Foundation for Medical Education and Research. Besoek op 29 Januarie 2009.
  5. "Restricted growth (dwarfism) – NHS Choices". Nhs.uk (in Engels). Besoek op 4 Mei 2017.
  6. Pauli, RM; Adam, MP; Ardinger, HH; Pagon, RA; Wallace, SE; Bean, LJH; Mefford, HC; Stephens, K; Amemiya, A; Ledbetter, N (2012). "Achondroplasia". GeneReviews. PMID 20301331.
  7. Çevik, Banu; Çolakoğlu, Serhan (2010). "Anesthetic management of achondroplastic dwarf undergoing cesarean section" (PDF). M.E.J. Anesth. 20 (6). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 Julie 2018.
  8. "Dwarfism". KidsHealth. Besoek op 30 Junie 2015.
  9. Hagenäs L, Hertel T (2003). "Skeletal dysplasia, growth hormone treatment and body proportion: comparison with other syndromic and non-syndromic short children". Horm. Res. 60 Suppl 3 (3): 65–70. doi:10.1159/000074504. PMID 14671400. S2CID 29174195. Besoek op 17 November 2008.
  10. "Dwarfism: Treatment and drugs". MayoClinic.com. Mayo Foundation for Medical Education and Research. 27 September 2007. Besoek op 18 November 2008.
  11. "University of Pennsylvania, Arts and Sciences: "The Effect of Adolescent Experience on Labor Market Outcomes: The Case of Height"" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 Julie 2007. Besoek op 2 Maart 2022.
  12. "Science Blog – Short children more likely to be bullied at school". 3.scienceblog.com.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy