Eenhana

Eenhana
Dorp
'n Mark in Eenhana
'n Mark in Eenhana
Wapen van Eenhana
Wapen
Eenhana is in Namibia
Eenhana
Eenhana
Koördinate: 17°27′57″S 16°20′13″O / 17.46583°S 16.33694°O / -17.46583; 16.33694
LandVlag van Namibië Namibië
StreekOhangwena
Stigting1930
Regering
 • BurgemeesterJohannes Dumeni yaDumeni
Bevolking
 • Totaal5 528
TydsoneUTC+2 (SAST)
[1]

Eenhana is 'n dorp in die noorde van Namibië en die hoofstad van die Ohangwena-streek, op die grens met Angola. Dit was vroeër 'n sendingstasie van die Finse Sendinggenootskap. Die dorp het 5 528 inwoners. Die burgemeester is Johannes Dumeni yaDumeni.

Eenhana is in 'n subtropiese woud geleë. Dit is aan die padnetwerk gekoppel en het 'n goed ontwikkelde infrastruktuur. Weens die nabyheid aan Angola is baie besighede hier geleë. Die dorp bied jaarliks 'n handelskou aan.

Die naam Eenhana kom van die woord kalwers in Oshikwanyama en is 'n verwysing na die kalwers wat vroeër gereeld water gedrink het by die klein waterpan waar Eenhana nou geleë is.[2]

  1. "Table 4.2.2 Urban population by Census years (2001 and 2011)" (PDF). Namibia 2011 - Population and Housing Census Main Report. Namibia Statistics Agency. p. 39. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 Oktober 2013. Besoek op 10 September 2013.
  2. Eenhana Town Council[dooie skakel]

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy