Ekistika

Ekistika (ook nedersettingsleer) het betrekking op die wetenskap van menslike nedersettings,[1][2] insluitend streeks-, stads- en gemeenskapsbeplanning en woningontwerp. Die groot dryfveer van ekistika was die opkoms van groterwordende en ingewikkelde stedegroepe wat selfs na ’n wêreldwye stad geneig het.[3] Die studie betrek elke tipe menslike nedersetting en gee besondere aandag aan geografie, ekologie, menslike sielkunde, antropologie, kultuur, politiek en soms ook estetika.

As ’n wetenskaplike studiemodus is ekistika afhanklik van statistiek en bewkrywing wat in vyf elemente of beginsels georganiseer is: natuur, antropos, gemeenskap, strukture en netwerke. Dit is in die reël ’n meer wetenskaplike veld as stadsbeplanning en het ’n noemenswaardige oorvleueling met sommige van die minder bedwonge velde van argitekturele teorie.

In toepassing word gevolgtrekkings gemaak wat gemik is op die bereiking van eendrag tussen die bewoners van ’n nedersetting en hul fisiese en sosio-kulturele omgewings.[4]

  1. Doxiadis, Konstantinos, Ekistics 1968
  2. Opsomming van ekistika
  3. (en) Caves, R. W. (2004). Encyclopedia of the City. Routledge. p. 215.
  4. Encyclopædia Britannica

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy