Elektroliet

'n Elektroliet het in die elektrochemie twee nouverwante maar verskillende definisies:

  1. 'n Ioniese stof, gewoonlik 'n sout wat opgelos in 'n oplosmiddel uitmekaar val in ione en daardeur die oplossing elektries geleidend maak
  2. "n Oplossing wat deur ioniese opgeloste stowwe geleidend gemaak is, of 'n stof wat self ioniese geleiding vertoon.

Natriumchloried is 'n goeie voorbeeld van definisie 1): 'n Oplossing van hierdie stof in water sal die oplossing elektries (of beter: ionies) geleidend maak.

Seewater is 'n goeie voorbeeld van definisie 2). Dit bevat talle verskillende ione, soos Na+,K+, Cl, Mg2+, Br ens. en is daardeur geleidend. 'n Ander voorbeeld is nogtans 'n vastestof soos RbAg4I5 waarin die silwerione mobiel genoeg is dat dit geleidbaarheid besit. Hierdie stof word 'n vastestofelektroliet genoem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy