Enstatiet

Enstatiet
 
Enstatiet 
Formule MgSiO3 
Onsuiwerhede Fe,Ca,Al,Co,Ni,Mn,Ti,Cr,Na,K 
Nickel-Strunz (10) 9.DA.05  
Kleur wit, gelerig groen, bruin, groenerig wit of grys, olyfgroen 
Streep grys tot wit 
Glans glasagtig, pêrelagtig [1] 
Hardheid 5-6 (Mohs) 
Digtheid 3,2-3,9 g/cm3 
Optiese eienskappe 
Dubbelbreking tweeassig (+) 
RI-waardes nα = 1.650 - 1.668 nβ = 1.652 - 1.673 nγ = 1.659 - 1.679 
Kristallografie 
Kristalsisteem ortorombies 
Ruimtegroep Pbca 
Nommer 61 
Eenheidsel a = 18.23 Å, b = 8.84 Å, c = 5.19 Å 
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Enstatiet is 'n mineraal uit die inosilikate. Chemies is dit 'n magnesiummetasilikaat met die formule MgSiO3.

Die naam is Grieks vir teenstander, vanweë sy vuurvaste gedrag onder 'n blaaspyp. Die mineraal is dimorf met klinoënstatiet en vorm 'n reeks met ferrosiliet. Die behoort tot die pirokseengroep. Dit is dikwels geassosieer met olivien, flogopiet, klinopirokseen, diopsied, spinel en piroop. Dit kom wydverbreid voor in prokseniete, peridotiete en duniete, in ultramafiese insluitsels in alkaliese olivienbasalt en kimberliet; in mafiese (selde felsiese) vulkaniese materiaal. Van die vindplekke is Zdár in Tsjeggië, Ødegården in Noorweë, Dawros in Connaught Ierland. Kristalle word in Mbeya, Tanzanië en Liahobong, Lesotho aangetref.[2]

Die reeks mengkristalle (Fe,Mg)SiO3 (Ferrosiliet / enstatiet) word dikwels pirokseen genoem. Dit is 'n baie belangrike mineraal want dit vorm tot ~25% van die boonste laag van die aarde se mantel. Pirokseen transformeer na 'n monokliniese struktuur by hoë druk en dit is dalk die oorsaak van die oorgang -die 'X-diskontinuïteit' wat op 220 km diep in die mantel van die aarde waargeneem word.[3]

  1. "mindat 1384" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2020.
  2. handbook of minerals
  3. Geos 306

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy