Flytoget

Flytoget AS
Tipe Staatsmaatskappy
Gestig 24 November 1992[1]
Hoofkantoor OsloNoorweë[1]
SleutelpersoneLinda Bernander Silseth (hoof uitvoerende beampte)
Endre Skjørestad )voorsitter van die Raad)[2]
Gebied bedienGroter Oslo
IndustrieSpoorvervoer
ProdukteLughawe spoorverbinding
InkomsteNOK689 miljoen[2] (2007)
BedryfsinkomsteNOK192 miljoen[2] (2007)
Netto inkomsteNOK182 miljoen[2] (2007)
Werknemers265 (2007)
MoedermaatskappyNoorse Ministerie van Handel en Nywerheid[2]
Webwerfflytoget.no
'n Flytoget-hoëspoedtrein in Oslo se hoofstasie

Flytoget (Afrikaans: "Lughawe-sneltrein") is 'n hoëspoedtreindiens wat die Oslo-lughawe in Gardermoen met die Noorse hoofstad Oslo verbind. Die treindiens word deur die maatskappy Flytoget AS op die Gardermobanen-hoëspoedtrajek bedryf. Treine bereik 'n maksimale snelheid van 210 kilometer per uur sodat die reistyd tussen Oslo se hoofstasie (Oslo Sentralstasjon, Oslo S) en die lughawe tot 19 minute verkort word. Treine vertrek op werkdae elke tien minute (behalwe vir Saterdae wanneer treine slegs elke twintig minute vertrek).

Die hoëspoedtreindiens is in 1998 ingestel nadat Oslo se internasionale lughawe vanuit Fornebu na Gardermoen, 'n landelike gebied noord van die stad, verskuif is. Dit is tans die enigste hoëspoedtreindiens in die land.

Sowat die helfte van die treine loop sonder om te stop tussen die lughawe en Oslo S, terwyl die ander treine ook voorstede in die ooste en weste van Oslo op die spoorlyn Gardermoen - Lillestrøm - Oslo S - Nationalteateret - Skøyen - Lysaker - Sandvika - Asker bedien. Sowat 'n derde van alle passasiers van Oslo-lughawe ry op die Flytoget-treine, en die treindiens het sodoende die grootste markaandeel van alle lughawe-treine ter wêreld. Die treinvloot bestaan uit 16 BM71 elektriese eenhede wat deur Adtranz (tans 'n dogtermaatskappy van die Kanadese vervaardiger Bombardier) gebou is.

  1. 1,0 1,1 Brønnøysund Register Centre. "Nøkkelopplysninger Flytoget AS" (in Noors). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2020. Besoek op 18 April 2014.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 Flytoget AS (2008). "Annual Report 2007" (PDF) (in Noors). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2011. Besoek op 18 April 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy