GNOME

GNOME
Logo van die GNOME-projek
Skermkiekie van GNOME 41

Ontwikkelaar GNOME-ontwikkelaars
Aanvanklike vrystelling 3 Maart 1999 (1999-03-03)
Nuutste weergawe 46.1[1] Edit this on Wikidata/ 27 April 2024
Programmeertaal C, C++, C#, Javascript
Beskikbaar in meer as 50 tale
Kategorie Werkskermomgewing
Lisensie GPL en LGPL
Webblad www.gnome.org Edit this at Wikidata
Ubuntu

Die GNOME-projek is 'n internasionale poging om 'n maklik-om-te-gebruik rekenaar werkskermomgewing, wat heeltemal uit programmatuur wat as vry deur die Free Software Foundation beskou word, te skep. Dit beteken die skep van gereedskap wat ontwikkelaars help om nuwe alleenstaande toepassings te skryf, die kies van toepassings vir insluiting in die amptelike werkskermproduk, en werk aan wat bekendstaan as die werkskerm- omgewing, dit wil sê, die werkskerm, toepassingskieslys , taakbalk, lêerbeheerder en venstermaker.

'n Groot hoeveelheid programmatuur word geskep of aangebied onder die sambreel van die GNOME-projek, waarvan sommige versamel word en saam vrygestel word as The GNOME Desktop. Die werkskerm word saam met 'n bedryfstelsel, soos 'n GNU/Linux verspreiding of Sun Microsystems se Solaris, versprei om 'n volfunksie rekenaarstelsel te skep.

GNOME is die amptelike werkskerm van die GNU-Projek en die korrekte uitspraak van die naam is/gəˈnom/, alhoewel /nom/ is ook in algemene gebruik. Die naam is geskep as 'n akroniem van GNU Network Object Model Environment, maar gebruik van die volledige uitbreiding word nou as uitgedien beskou.

  1. "GNOME 46.1 released" (in Engels). 27 April 2024. Besoek op 9 Mei 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy