Volgens die Gaia-hipotese, ook bekend as die Gaia-beginsel, is organismes in wisselwerking met hul anorganiese omgewing op Aarde om ’n selfregulerende, komplekse stelsel te vorm wat bydra tot die handhawing van toestande vir lewe op die planeet. Onderwerpe van belang sluit in hoe die biosfeer en die evolusie van lewensvorme die stabiliteit van globale temperatuur, die soutgehalte van die see, suurstof in die atmosfeer en ander omgewingsveranderlikes wat die bewoonbaarheid van die Aarde raak, beïnvloed.
Die hipotese is in the 1970's geformuleer deur die chemikus James Lovelock[1] in samewerking met die mikrobioloog Lynn Margulis.[2] Die hipotese is aanvanklik gekritiseer omdat dit beginsels van natuurlike seleksie weerspreek, maar nadat dit later verfyn is, is idees wat daaruit gespruit het, gebruik in velde soos aardstelselwetenskap, biogeochemie, stelselekologie en geofisiologie.[3][4][5] Die hipotese is egter steeds wyd gekritiseer en vandag dink baie wetenskaplikes dit word swak gesteun deur, of weerspreek, beskikbare bewyse.
In 2006 het die Geologiese Vereniging van Londen aan Lovelock die Wollaston-medalje toegeken vir sy werk aan die Gaia-beginsel.[6]
{{cite journal}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)
{{cite journal}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp); Ongeldige |ref=harv
(hulp)